Nog ’n vermorsing

Mogalestad is ’n swart gebied in die PWV wat meer as R22 miljoen na bewering aan maatskappye betaal het. Hierdie maatskappye is nie eers op sy diensverskaffer-lys nie.

Die munisipaliteit het nooit die uitgawes tydens ’n raadsvergadering bekend gemaak sodat dit goedgekeur kon word nie.

Volgens ’n verslag oor administratiewe uitgawes, wat saamgestel is deur Dan Mashitisho, is die oorbesteding as gevolg van voorbereidings wat getref is toe Portugal se sokkerspan tydens die 2010 Wêreldbeker onthaal is.

Dit is nie die eerste wanbesteding van munisipale amptenare wat verband hou met die sokker van 2010 nie.

Woordvoerders het aan “Die Vryburger” gesê dat dit tog vreemd is dat swartmense bereid is om oorsese sokkerspelers te onthaal terwyl hulle eie mense wat krepeer van ellende geïgnoreer word asof hulle nie bestaan nie. Dit bly egter onverklaarbaar dat R22 miljoen se uitgawes betaal word aan instansies wat nie eers op die datalys van verskaffers verskyn nie.