MOTOR RUBRIEK – 4/7/2012

Daar is nou reeds vêr gevorder met die verduideliking van die basiese werking van ’n vierslag binnebrand petrol enjin.

Die inlaatslag en kompressieslag is reeds behandel.

Die volgende aksie staan bekend as die “Kragslag”. Dit is nadat die ontbranding van die brandstof/suurstof mengsel plaasgevind het in die ontbrandingskamer en die energie wat in die ontbrandingskamer opgewek is, forseer die suier in ’n afwaartse rigting. M.a.w. dit laat die krukas draai en die krukas wat aan die ratkas gekoppel is, laat die ratkas draai.

Terwyl die ontbranding in die ontbrandingskamer plaas gevind het, was die inlaat en uitlaatkleppe, in die toe posisie gewees.

Kragslag – Power stroke
Ontbrandingskamer – Combustion chamber
Ratkas – Gearbox

ASTON MARTIN VIRAGE KOEPEE

Die Aston Martin Virage sportmotor word aangedryf deur ’n 6,0 liter, 365 kW, V12 enjin en dit kombineer krag, werkverrigting en gerief met mekaar. Dit is ’n “prestige” motor met ’n luukse aanslag. Elke rit verteenwoordig ’n aangename ondervinding van hoë werkverrigting en plesier, met mekaar.