MOTOR RUBRIEK – 19 JULIE 2012

In die eerste artikel van Motor Rubriek, is daar verwys na die beginjare van motors in Suid-Afrika. Hierdie jare kon met reg na verwys word as die “Pioniers-jare” van die motor bedryf.

As eienaar van ’n motor, het daar soms ongevraagde verantwoordelikheid na jou kant toe gekom. Jy moes byvoorbeeld jou eie herstelwerk aan jou motor verrig. Elke motoris moes leer wat die werking van sy motor behels het. Daar is gevalle bekend waar potensiële eienaars opleiding ontvang het hoe om sy voertuig te diens en te onderhou. Die hedendaagse elektroniese tegnologie het nie bestaan nie.

Motorhawens vir brandstof voorsiening, het nie bestaan nie. Brandstof is by plaaslike handelaars aangekoop in houers wat weer verpak was in houtkaste.

Hierdie nuwe vervoermiddel was nie juis gerieflik nie. Wanneer dit gereën het, het jy nat gereën en jy was blootgestel aan al die elemente van die natuur. Aanvanklik is dit voorsien met opvoubare seil kappies. Later jare is motors gebou wat heeltemal toe was met deure en vensters.

Wanneer ’n mens aan die vroeër jare dink, dan besef mens hoe bevoorreg ons vandag is om motors met lugversorging en ander luukse geriewe te besit en te geniet.

BMW 135i SPORT

Hierdie BMW is ’n motor so reg na ’n motor liefhebber se hart. Met “wind” in die hare en alle moontlike geriewe beskikbaar, is dit ’n motor om te geniet. Die 135i model se tegniese spesifikasie is heel indrukwekkend en sien soos volg daaruit. Hierdie reguit 6-silinder enjin kombineer ’n turbo aanjaer met kleptroniese en direkte brandstof inspuiting om ’n maksimum krag uitset van 225 [email protected] o.p.m. en maksimum wringkrag van 400Nm @1200 o.p.m.. te lewer. ’n Top snelheid van 237 km/u is beskikbaar teen 160 kW en versnelling van 6.9 sekondes van 0-100 km/u. (Die syfers is beskikbaar gestel deur die vervaardiger.)