MOTOR RUBRIEK – 12 JULIE 2012

In die laaste van die reeks oor die basiese werking van ’n “Vierslag” binnebrand petrol enjin, gaan dit wat plaasvind tydens uitlaatslag, behandel word.

Wanneer die suier die laagste punt in die silinder bereik en begin met die opwaartse beweging na die uitlaatslag, draai die nokas, wat aangedryf word deur ’n ketting of nokasband, saam met die krukas. Die nokas op sy beurt laat die uitlaatklep oopmaak en die suier in sy opwaartse beweging, druk die ontbrande brandstof mengsel deur die oop uitlaat klep, deur die uitlaat spruitstuk en in die uitlaatpyp uit. Die ontbrande brandstof / suurstof mengsel staan dan bekend as koolstofmonoksied.

Uitlaatklep – Exhaust valve
Uitlaat spruitstuk – Exhaust manifold
Uitlaatpyp – Exhaust pipe
Koolstofmonoksied – Carbon monoxide

JEEP GRAND CHEROKEE OVERLAND

Die jeep voertuig is eintlik sinoniem met die tweede wêreld oorlog want dit was ontwikkel vir gebruik tydens die oorlog. M.a.w. dit is al die afgelope 70 jaar ’n bekende voertuig op die pad. In die begin dae was dit ’n klein vierwiel aangedrewe voertuig. Huidiglik is daar verskeie modelle op die mark waarvan die Jeep Grand Cherokee een van die luukse modelle verteenwoordig. Dit word aangedryf deur ’n V6-enjin wat 347 Nm. @ 4800 o./min. wringkrag ontwikkel . Hierdie 4 x 4 voertuig is ontwerp vir die avonturier en liefhebber van die buite en natuur lewe. Wat nogal interessant is is die huidige prys van die voertuig in vergelyking met sy eweknie van 1947. In 2012 is die prys van die Jeep, R582990. Sy voorloper wat in 1947 bekend gestaan het as die Willys Overland, het Februarie !947, ses honderd en tien pond gekos (R1220) In daardie jare was die tipe voertuig bekend as ’n stasiewa terwyl dit vandag bekend staan as ’n nuts voertuig.