Minder olie uit Iran

Die ANC regering het reeds geswig voor die druk uit Westerse lande om minder olie uit Iran te koop vanweë dié land se kernkrag-navorsing.
Invoere het gedaal met sowat 1500 ton gedurende Mei vanjaar.

Dit is alom bekend dat die ANC regering ’n sanksie veldtog vrees wat deur die Europese lande begin kan word. In totaal is olie aankope uit Iran reeds gesny van 25% tot 15% van die land se totale aankope.

Die land het sedert Mei olie ingevoer wat meestal van Saoedi-Arabië en Angola gekom het terwyl ’n geringe hoeveelheid uit Nigerië gekom het.

Kenners het aan “Die Vryburger” genoem dat hier in die RSA raffinaderye is wat net olie uit Iran kan verwerk.

Dit beteken dat ’n tekort aan olie en brandstof kan ontstaan – iets wat redelik eie geword het aan die bestuurstyl van die land.