Mej. SA mik na Mej. Heelal.

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika, sal nie aan die Mej. Wêreld-kompetisie in Ordos, China, deelneem nie. Melinda het gesê dit is ‘n persoonlike besluit en word nie toegeskryf aan bepaalde omstandighede nie.

“Ek plaas my fokus 100% op dit wat vir my land die beste voordeel inhou en ek streef daarna om die beste Mej. SA te wees wat ek moontlik kan wees.

“Ek glo dat mense my ook met hierdie besluit sal vertrou en my daarin sal ondersteun.

“Ek sal nou, met die min tyd beskikbaar, graag meer aandag gee aan my projek by die sentrums vir verkragte vroue, bemagtiging en leierskapontwikkeling van die jeug, asook my voorbereiding vir Mej. Heelal, tesame met al my ander verantwoordelikhede in my hoedanigheid as Mej. SA.”