Korrupsie oral?

Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, het bedank.

Mmemezi se omstredenheid het begin toe die ampsmotor waarin hy gery het, verlede jaar vir Thomas Ferreira omgery het.

Die misbruik van ’n amptelike kredietkaart het daartoe gelei dat hy al hoe meer omstrede geraak het. Bewerings word gemaak dat hy nie net sy amptelike kredietkaart misbruik het nie, maar ook ’n vervoertoelaag vir sy dogter goedgekeur het en dit terugwerkend gemaak het.

In ‘n verklaring vra hy verskoning vir ongemagtigde aankope met die kredietkaart en sê dit is beter om te bedank.

Suid-Afrika verloor miljoene Rand jaarliks as gevolg van korrupsie. Dit sluit nie die onberekenbare bedrae in wat die land verloor weens buitelandse maatskappye wat weier om hier te investeer as gevolg van die grootskaalse bedrog en korrupsie wat heers.