Kleinste vlieg – groot gevaar

Die wêreld se kleinste vlieg is kleiner as ’n korreltjie suiker en is pas in Thailand ontdek.

Dié vlieg is net sowat 0,4 mm lank en is ongeveer vyftien keer kleiner as die huisvlieg of vyf keer kleiner as ’n vrugtevlieg.

Die vlieg het uitstaande kenmerke, maar die feit dat die vlieg die vermoë het dat hy klein miere kan onthoof en hulle koppe dan aanwend as ’n nes is opsigself uiters vreemd. Die vlieg eet die mier se brein voor hy van die kop ’n nes maak.

Die vlieg se wetenskaplike naam is Euryplatea nanaknihali. Die vlieg is die eerste van sy soort wat in Asië ontdek is en is moeilik met die blote oog waarneembaar.

Wetenskaplikes is van mening dat ’n algehele versteuring in die natuur veroorsaak kan word as miere op grootskaal uitgeroei word deur dié vlieg..