Kaapstad se nuwe naam?

Die hoof van die Khoisan in Kaapstad, Francisco McKenzie, in blou klere, het hierdie naambord langs die Kasteel in Kaapstad gehou. Die Institute for the Restoration of the Aborigines of SA vra glo dat die stad se naam herstel word.

Die nou reeds omstrede kitskos handelaars, Nando’s, het vir die bord betaal.

Die vraag word gevra wat die DA beheerde regering van die Wes-Kaap gaan doen in hierdie verband. Dit is bekend dat dié party nie juis ingestel is op behoud van plekname nie.

Uit behoudende kringe word beweer dat Zille dalk kan toegee aan die Khoisan versoek ter wille van ’n paar ekstra stemme.