Is dit korrupsie?

Huurders in die Sanlam Middestad-gebou in Pretoria is nou sonder water en elektrisiteit aangesien Tshwane-metroraad hul dienste afgesny het.

Die gebou word deur die omstrede eiendom magnaat Roux Shabangu besit. Die munisipaliteit het bevestig dat dienste na die gebou gestaak is. Shabangu skuld meer as R9 miljoen word berig.

Kenners is van mening dat dit dui op swak bestuur van die munisipaliteit om toe te laat dat die skuld van een persoon oploop tot R9 miljoen terwyl blankes se dienste soms beëindig word na 60 dae, ongeag die bedrag wat verskuldig is.

Daar is ook bewerings gemaak dat Shabangu niks minder as R10 miljoen verskuldig is aan die munisipaliteit nie.

Die vraag kan met reg gevra word of hier nog ’n daad van korrupsie gepleeg is aangesien die groot bedrag skuld wat toegestaan is, onaanvaarbaar is. Intussen word die blankes gemelk om op te dok vir al die dinge wat verkeerd gaan op munisipale vlak weens swak bestuur.