Groot water fonds

’n Waterdraer met ’n inhoud van sowat 5 miljard kubieke meter water is in Namibië ontdek. Die ondergrondse water is ongeveer 300 tot 400 meter diep en strek oor ’n oppervlakte van nagenoeg 70 km. by 40 km. ’n Tweede waterdraer is ook ontdek, waarskynlik dieselfde grote, wat nader aan die Okongo gebied geleë is.

Dié reuse-waterdraers, wat tussen Eenhana en Okongo geleë is kan voldoende water voorsien vir al die inwoners van die gebied vir die volgende 250 jaar. Die streek word deur sowat 40% van die land se bevolking bewoon.