Gesondheidsdiens

Aaron Motsoaledi, die minister van Gesondheid, het aangekondig dat nuwe planne gemaak is om die staat se gesondheidsdienste te verbeter. Ondermeer gaan studente na Kuba gestuur word vir opleiding.

In September 2012 sal 1 000 matrikulante na Kuba gestuur word om as dokters opgelei te word. Die regering beplan ook om dokters uit die privaatsektor te vergoed om deels in die staat se klinieke te werk.

Die verwaarloosde kolleges wat oor dekades gedien het vir die opleiding van verpleegsters word ook opgradeer en sal heraktiveer word

“Ons glo die besluit om verpleegkolleges te sluit was ‘n verkeerde besluit,” het hy gesê.

’n Woordvoerder het aan “Die Vryburger” gesê dat die regering destyds ’n dwase stap geneem het om die kolleges te sluit en daarmee die hele gesondheidsnetwerk in duie laat stort het. Verder is dit belaglik om studente na Kuba te stuur om as dokters opgelei te word. Kuba het ’n bewese rekord van swak opleiding in gesondheidsdienste en met die beplanning kan daar nou reeds voorspel word dat die plan gedoem is tot mislukking .

Suid-Afrika was vir dekades op die voorpunt wat opleiding en diens verskaffing aanbetref in die gesondheidsdienste. Alles kan hier beter gedoen word as in Kuba, indien die werklike kundiges in beheer daarvan geplaas word.