Gautrein drama

Gautrein-pendelaars wat vasgekeer was op ‘n trein tussen Midrand en Verwoerdburg is na ‘n ander trein geskuif, het Eyewitness News berig.

Die Bombela-konsortium, die Gautrein se operateur, het gesê dit is onduidelik wat die probleem is, maar die treindrywer was verplig om die noodrem te trap. Bombela het om verskoning gevra vir die twee uur vertraging wat veroorsaak het dat talle pendelaars laat by die werk opgedaag het.

’n Pendelaar het aan “Die Vryburger” gesê dat die personeel nie opgewasse is om die gesofistikeerde toerusting behoorlik te gebruik nie. Die trein was ook oorvol, wat so tiperend is van wat in Afrika gebeur, het sy gesê.

’n Woordvoerder het glo gesê daar is ‘n tegniese probleem.