Egpaar onverklaarbaar gesterf

’n Kunsonderwyseres, Gill Blair (53) en haar 55-jarige man is dood gevind in ’n gastehuis in Eastleigh, Edenvale deur ’n onbekende familielid.

’n Polisiewoordvoerder het gesê die omstandighede van die egpaar se dood is nog nie vasgestel nie, maar hy wou ook nie kommentaar lewer op die vraag of daar sigbare merke op die liggame gevind is nie.
’n Geregtelike ondersoek na hul dood is begin.

“Ons kan nie bespiegel oor wat die oorsaak van die dood is nie en of dit moord of selfmoord was sal vasgestel word,” het Ao. Olckers van die SAPG gesê.