Een uur treinrit van Johannesburg na Durban

Volgens inligting wat op 27 Junie tydens die Afrika Trein Uitstalling en Konferensie bekend gemaak is, is Suid-Afrika in gesprek met die Chinese onderneming CSR Korporasie oor die instelling van ‘n super snel treindiens tussen Johannesburg en Durban. Die super trein behoort sy bestemming in ietwat meer as ‘n uur af te lê. Die CRH380A trein is ontwerp om teen 380 kilometer per uur te ry en het reeds snelhede van 416 km/h bereik. ‘n Prototipe vir die verbeterde weergawe het reeds 500 km/hr behaal. Die sneltrein se in werkingstelling in S.A. word op hierdie stadium vir 2030 beplan.

Indien die trein sy passasiers tussen Johannesbrg en Durban in ongeveer ‘n uur kan vervoer beten dit dat persone in die toekoms in Durban kan woon en daagliks na Johannesburg kan reis. Dit kan ook moontlik wees om na werk vinnig by die see te gaan afkoel en nog teen ‘n skaflike tyd terug in die bed te wees vir inwoners van Johannesburg en omgewing. Dit sal natuurlik afhang van die koste.

Alhoewel ‘n vliegtuig dieselfde of hoër snelhede behaal veroorsaak die rompslomp by lughawes dat dit aansienlik langer neem as die van ‘n trein wat effe stadiger beweeg. Die Gautrein neem ongeveer 30 minute vir sy rit tussen Pretoria en Rosebank in Johannesburg teen ‘n meer beskeie spoed van minder as 200 km/hr.