Duur beleidskonferensie

Die ANC se vierdae konferensie in Midrand het die party R40 miljoen gekos. Dit beteken dat die geleentheid sowat R11,000 per persoon gekos het.

Dit sluit ook die huurkoste van Gallagher Estate in, akkommodasie en etes vir 3 500 afgevaardigdes sowel as hul vervoer uit verskillende streke van die land het Mathews Phosa, die tesourier-generaal gesê.

Die ANC het sy rekeninge glo kontant betaal. Afgevaardigdes het bydraes gemaak en naamlose skenkers het ruim bygedra tot die kas om die kontant betaling van die rekeninge moontlik te maak.

“Die Vryburger” het berig ontvang dat mnr. Zuma ’n banket gehou het wat in Johannesburg plaas gevind het. ’n Sitplek by die banket kos glo R500,000 maar daar was goedkoper sitplekke vir R250,000. Daar sou glo sitplek wees vir 600 sake mense. Al die sitplekke was verkoop en het na raming sowat R2,5 miljoen ingebring.
Die volgende geleentheid vind in Bloemfontein plaas gedurende Desember waar sowat 5,000 afgevaardigdes teenwoordig sal wees.