Dina benodig R90 miljard

Dina Pula, die minister van Kommunikasie het bekend gemaak dat R90 miljard benodig word om die uitbreiding van die land se breëband infrastruktuur te vestig en dat dit tot agt jaar kan neem om die projek te voltooi.

Dié uitbreiding van breëband sal die koste van kommunikasie aansienlik verminder, maar die regering benodig glo finansiële vennote.
Kenners is van oordeel dat die uitbreiding binne drie jaar gedoen kan word indien dit in die hande van kundiges gelaat word wat bewese rekords opgebou het in hierdie tegnologie.