Diewe maak “meester sleutel”

Daar bestaan geen “meester-sleutel” wat alle Toyota voertuie kan oopsluit nie, het ’n woordvoerder van dié motor maatskappy in ’n verklaring gesê.

Verlede Woensdag is vyf persone in Garsfontein, Pretoria, in hegtenis geneem weens beweerde motordiefstal. Hulle is in hegtenis geneem nadat die polisie ’n motor deursoek het wat as vermis aangemeld is.

Die mans was klaarblyklik in besit van ’n Toyota-loper en ’n neutraliserings apparaat wat glo enige sekerheidstelsel van ’n motor kan omseil. Die toerusting is nie standaard nie en moes derhalwe deur iemand vervaardig gewees het wat kundig is op die gebied.

Verskeie items is ook in die voertuig gevind wat gebruik kan word om by motors in te breek.