Die Bose Boere

As mens so kyk na die uitlatings van die minister van openbare beskuldigings, Malusi Gigaba, is die boere darem werklik boos! Nie net dit nie, boere het so min om te doen, dat hulle selfs uitgewerkte komplotte uitwerk en deurvoer om massamoorde te kan pleeg. Toe ‘n vragmotor vol insittendes voor ‘n waarskuwende en waarskynlik op daardie stadium reeds desperaat-histeriese treindrywer se tjoekepaf injaag, is daar twee moontlikhede van wat kon gebeur het.

Die eerste is dat boer Carel-Gert van Graan, geen tekort aan arbeid op sy plaas het nie. Selfs nadat hy twee maande gelede op ‘n Sondag in eredienstyd sy ou Ford vragmotortjie met sestig sakke veevoer, 5 twintig liter kanne diesel en ‘n derde van sy (tot op daardie stadium werkende) windpomp se metaal aan vier van sy arbeiders geskenk het, sukkel hy glad nie om hulle te vervang nie. Inteendeel, hy het maar nog altyd net arbeiders aangehou vir die opwinding daarvan om elke af en toe ‘n plaasaanval te moet trotseer, want hy kan sy ganse 4700 ha grond op sy eie behartig. So desperaat is boer CG vir opwinding dat hy sommer derduisende onwettige immigrante met xilofoonagtige ribbekaste oor die grense te laat stroom het. Boer CG vang toe etlike van hulle in wreedaardige strikke met ‘n halwe mieliepit en ‘n koppie vuil water en dwing hulle om ‘n werksgeleentheid by hom te aanvaar waar hulle ook geforseer is om sy gratis maandelikse mieliepap te aanvaar. Op die wreedagtigste manier gee hy hulle oorpakke, stewels en ander klere wat op vernederende wyse hulle volle liggame bedek en hul van die lieflikste winterkoue beroof. Ook hulle sterrekyk stokperdjie word gruwelik van hulle ontneem deurdat hulle gedwing word om in die gratis behuising in te trek. Om alles te kroon ontneem die sadistiese boer CG hulle van hul oefen geleentheid deur hul te dwing om ‘n geleentheid agter op sy vragmotor dorp toe te gebruik – alles sodat hulle getref kan word deur die trein met etlike waens steenkool wat hy bestel het net om hulle te tref!

Die ander opsie is dat die bestuurder van die vragmotor geen respek vir reels gehad het nie, sy musiek geluister het sodat hy nie die trein kon hoor nie en geen diepte-skattig gehad het nie omdat hy grootgeword het met sy neus in sy ma se sesde rugwerwel… maar dit is bietjie verregaande.

Tot volgende slag

Die Sweep