Chaos in Sirië

Die chaos wat tans heers in Sirië is as gevolg van die opstand wat verlede jaar deur verskillende groepe veroorsaak is oor die outokratiese heerskappy in die land. Hierdie opstand het sodanig ontwikkel dat dit nou internasionale gevolge het.

Pres. Francois Hollande van Frankryk het in ’n verklaring gesê dat die Siriese toestand nou breekpunt bereik aangesien dit nou ‘n bedreiging inhou vir wêreldvrede

Pres. Hollande het ‘n beroep gedoen op Rusland om ‘n verandering in die land se regering te ondersteun ter wille van vrede.

Na wat berig word het Rusland en China die twee vernaamste bondgenote van Sirië, nie die betrokke veiligheids vergadering bygewoon nie.

Rusland het by geleentheid sy ontevredenheid te kenne gegee oor planne om Sirië se president, Bashar al-Assad, uit die moontlike oorgangsregering vir die land, uit te sluit.