Chantelle presteer

Sy droom van die dag wanneer sy as Suid-Afrika se beste perderesies jokkie aangewys word.

Haar optrede en prestasie wat tot hiertoe gelewer is, gaan die hoofrede wees wat hierdie droom kan bewaarheid.

Chantelle Olwage (20) van Welkom het getoon dat sy oor dié potensiaal beskik by die Jokkie-akademie in Natal. Sy word loshande as die akademie se beste student beskou.

Volgens haar leermeesters is sy ’n bondeltjie energie wat altyd lag en ’n positiewe uitkyk op die lewe het en sy presteer uitstekend op akademiese gebied. Dit maak van haar ’n model student.