Brittanje geteister deur terroriste

Die polisie in Brittanje het ses vermeende Moslem-terroriste op verskeie plekke in Londen in hegtenis geneem. Dit volg op nog twee inhegtenisnemings vroeër van vermeende Moslem-terroriste.

Die polisie het gesê die inhegtenisneming van die ses het niks te make met die komende Olimpiese Spele nie.

Intussen is nog een persoon wat verdag voorkom as ’n moontlike terroris, in hegtenis geneem deur die polisie.

Die deurtastende optrede wys egter dat die owerheid geen kanse wil waag met ’n verwagte 600,000 toeriste wat tydens die Olimpiese Spele by die hoofstad sal aan doen nie.

Woordvoerders in Suid-Afrika het die aangeleentheid as ernstig bestempel, maar ook daarop gewys dat die terroriste se volksmoord-aanvalle op blankes in Suid-Afrika van veel ernstiger omvang is.