Brandstof prys daal skerp

Die prys van 93-oktaan petrol daal met 89c per liter is deur die Departement van Energie aangekondig. Die 95-oktaan petrol sal met 85c verminder.

‘n Liter 93-oktaan petrol sal R10,11 kos in die PWV (Gauteng) en R9,86 by die kus.

Die prys van diesel met ‘n swael inhoud van 0,05 sal met 62c daal, terwyl diesel met ‘n swael-inhoud van 0,005 met 61c. Die prys van paraffien sal met 58c per liter verminder.

Ekonome is van mening dat die prysdaling van korte duur kan wees en weer gaan styg in Augustus vanweë die omstandighede in wêreldgebeure. Die moontlikheid dat die Rand kan verswak teen die doller en euro wat ook ’n invloed sal uitoefen op die brandstof pryse in Suid-Afrika.