Bobbejane maak amok

Dit nou reeds algemene kennis dat bobbejane amok maak in die Wes-Kaap. Die bobbejane is deur verbygangers bederf deur hulle kos te gee.

Pringlebaai se mense het ook hulle ergernis met die diere. Die foto toon hoe bobbejane ’n kombuis laat lyk nadat hulle ingebreek het.

Stadsrade is al raadop want bobbejane verskeur die vullissakke en strooi dan die rommel die wereldvol.
Gordonsbaai se munisipaliteit het besluit om ’n nuwe stelsel in werking te stel sodat die bobbejane nie kan voortgaan met hulle plundering nie.