Blankes in Staatsdiens?

Nkosinathi Nhleko, die direkteur-generaal van die Departement van Arbeid, het ’n beroep op jong wit mense gedoen om vir die staatsdiens te begin werk as deel van die transformasie van die Suid-Afrikaanse werkplek.

Hy het daarop gewys dat die staatsdiens só getransformeer is dat dit nie die demografie van die land weerspieël nie. Te min wit mense werk tans in die staatsdiens.

“’n Mens vind dit ongemaklik dat jong wit mense nie probeer voordeel trek uit die transformasie-doelwitte van billike indiensneming nie,” het hy luidens ’n verklaring gesê.

Hierdie nuwe klanke van die ANC val vreemd op die oor. Daar is uitsprake dat geen blanke werk moet kry nie, genoeg voorbeelde is bekend van blankes wat nie bevordering kry nie, terwyl verkeerdstellende aksie, wat tans as “omgekeerde apartheid” bekend staan, wat blankes uit duisende poste gehou het.

Kenners is van mening dat waar blanke jongmense in diens geneem is, sal daardie blankes geen bevordering kry nie, en bestaan die moontlikheid dat hulle die werk sal moet doen terwyl die kommuniste vet salarisse ontvang.