Besondere walvis

’n Besonder seldsame walvis spesie, die snoetdolfyn, het op ’n strand in die Oos-Kaap uitgespoel. Die walvis staan ook bekend as die baleinwalvis en leef in alle oseane maar is besonder skaars. Die walvisse is van die grootste spesies en beskik oor besondere vermoëns.

Die walvis kan met sy hele lyf, so groot as wat dit is, uit die water “spring” om weer met ’n reusagtige “duikslag” onder die water te verdwyn.

Die walvis is verlede week op ’n strand in Chinta-Oos gevind. Mnr. Kevin Cole, van die Oos-Londen Museum, sê dat daar weinig inligting beskikbaar is oor dié besondere spesie is en dat daar nog nie voorheen aan die Suid-Afrikaanse kus een waargeneem is nie.