BESKONKE COPE LP

‘n Cope-LP, Dirk Feldman het glo probeer om by die nooduitgang van ‘n SAA-vliegtuig oop te maak, op pad na Indië terwyl hy redelik beskonke was.

Hy is deel van ‘n parlementêre afvaardiging, en het ten aanskoue van ander homself belaglik gemaak. Dennis Bloem, ’n woordvoerder van Cope het gesê dat Dirk te veel gedrink het. Hy is as gevolg van sy swak en onaanvaarbare gedrag vir ’n tyd lank by die lughawe aangehou om later terug gestuur te word na Suid-Afrika.

Dit is hierdie optrede van sogenaamde politieke verteenwoordigers van Suid-Afrika wat nie net die beeld van die land ernstig skaad nie. Die land ly ook finansieel want sulke optrede maak buitelanders huiwerig om sake te doen met die land het ’n woordvoerder aan “Die Vryburger” gesê.