ANC wil provinsies verminder

Luidens die ANC se besprekingsdokumente is daar ’n sprake om die getal provinsies te verminder.

“Net die ANC-strukture en ons alliansievennote sal by die beraad wees. Ons gaan nie die media uitnooi nie,” het Mfeketo gesê.

Die Plan om Matatiele in KwaZulu-Natal by die Oos-Kaap in te lyf, het in die konstitusionele hof gedraai.

Die oorspronklike afbakening van die land se nege provinsies het aansienlike emosie en belangstelling ontketen.

Die ANC-beraad sal nou ’n bestekopname van die plaaslike regeringstelsel doen en die ANC se nasionale uitvoerende komitee adviseer oor die pad vorentoe vir ’n enkele staatsdiens.

’n Woordvoerder van die Boere-Afrikaner Volksraad het daarop gewys dat die planne maar net die onvermoë van die ANC duideliker uitspel. Die land was goed regeer met vier provinsies. Nou is daar nege en dis chaos op elke lewensterrein.

“Wil die ANC uiteindelik terug keer na vier provinsies?” is gevra.

Die vermindering van provinsies is geruime tyd al geopper binne die ANC strukture. Sodanige veranderings sal noodwendig Grondwet wysigings vereis. Of die ANC en die land in geheel hierby gaan baat is egter te betwyfel.

Die fout is nie by die aantal provinsies nie, maar wel by die onkundige bestuur daarvan.