Amerikaner aangeval

Andrew Oberle (26) ’n antropologie student van Texas het verlede week ’n nare ervaring gehad toe hy deur twee sjimpansees aangeval is. Die voorval het plaasgevind by die Chimp Eden Oord, Johannesburg waar die student ’n aantal toeriste toegespreek het. Hy het op ’n stadium die groep verlaat, deur ’n heining geklim waarna hy aangeval is.

Dit blyk dat die twee sjimpansees die student onder deur ’n tweede draad wat as skeiding dien en geëlektrifiseer is getrek is.

Die student is inderhaas na ’n hospitaal vervoer en sy toestand word as uiters kritiek beskryf. Die aangeleentheid word ondersoek.