Afrikaans word gevandaliseer

Mnr. Koos van der Merwe, hoofsweep van die Inkatha-vryheidsparty (IVP), het die ANC daarvan beskuldig dat hulle Afrikaans vandaliseer.

“Die ANC hou aan met sy kulturele vandalisering van Afrikaans,” het Mnr. Van der Merwe gesê. Hy het voortgegaan engese dat die nuutste voorbeeld waargeneem word met die regering se ses vol blaaie se advertensies vir vakante poste in Rapport van Sondag, 15 Julie 2012 wat alles net in Engels is.

Hy sal graag wil hoor en wil weet waarom die regime Engels in ‘n Afrikaanse koerant gebruik en hy wil verneem of die advertensies, wat net in Engels beskikbaar is, gemik is om voornemende Afrikaanse kandidate te elimineer.

“Dit word by die dag duideliker dat die ANC Afrikaans en die Afrikanerkultuur vandaliseer, en dit gebeur ook met ons Afrikaanse skole wat in Engelse skole verander word.”

Mnr Koos van der Merwe is bekend vir sy uitgesprokenheid en soms vreemde optrede in die parlement.