Adri le Roux se kunswerk

Adri le Roux. ’n student van die Universiteit van Stellenbosch het die kompetisie gewen met haar ontwerp om die Airbus A340-300 te skilder waarmee die Suid-Afrikaanse Olimpiese en die Paralimpiese span na Londen geneem sal word.

Adri is ’n grafiese kunsstudent aan die Universiteit van Stellenbosch en het deelgeneem aan die landwye kompetisie om die yslike vliegtuig te skilder sodat dit uitgeken kan word as die amptelike vervoermiddel van SA se deelnemers aan die Olimpiese Spele in Londen.