Aartsliberalis se mistasting

Adriaan Cloete, die pro-ANC joernalis wat onder skuilnaam Scoop Cloete vir die bar Sondag koerant skryf, verwys in sy jongste artikel na die Boere-Afrikaner Volksraad as “hardegat verregse moere”. Die vraag ontstaan of hierdie soort van taal gebruik tuis hoort in die pers en laat mens wonder oor die opvoeding en opleiding van die jongman.

In ‘n verdere poging om die Volksraad in ‘n swak lig te plaas, word daar deur Cloete, na Mnr Andries Breytenbach, voorsitter van die Volksraad verwys as die “nuwe Verwoerd”.

Mnr Ben Geldenhuys, lid van die Volksraad het in reaksie hierop in sy Facebook profiel gevra of Cloete besef dat dit ‘n reuse kompliment is.

In ‘n telefoniese onderhoud met Die Vryburger het Geldenhuys gesê dat mens eintlik jammer moet voel vir mense soos Cloete; want “hy is die tipiese persoon wat geval het vir die ANC se propaganda en het toe heel moontlik by die liberaalste koerant gaan aanklop vir werk wat hy kon kry. Nou gaan die liederlike Sondag toemaak omdat daar bloot geen steun is vir daardie soort van banale snert is nie, want die grootste deel van die volk is steeds Christelik en behoudend.

“In werklikheid verwerp die volk die hele gedagte van die sogenaamde reënboognasie vir die leuen wat dit is.”

Geldenhuys het bygevoeg dat selfs bekendes soos Sunette Bridges begin openlik in die openbaar praat oor die Volksraad en die selfbeskikingspad wat ons volk nou stap.
Wanneer die kunstenaars hierdie gedagtes begin steun, dan is dit nie lank voor die kritiese massa ook hul ondersteuning bied nie. ‘

n Mens moet eintlik sulke kunstenaars ondersteun en die pro-ANC lot ignoreer asof hulle nie bestaan nie.” het Geldenhuys bygevoeg.

In tussen het “Die Vryburger” verneem dat die Volksraad se steunbasis gegroei het tot 40 000. Dit dui daarop dat die jong liberalis Cloete geen benul het van die feitelike situasie nie.