ZIMBABWE

’n Vorige lid van die Europese Parlement, Glenys Kinnock, wat ook voorheen ’n minister met die portefeulje as minister van Afrika sake in die Verenigde Koningryk was, het tydens ’n parlementsitting gevra waarom die regering van Brittanje nie druk uitoefen dat Mugabe deur die Internasionale Kriminele Hof aangekla word vir sy kriminele rekord nie.

Die Britse Minister mnr. David Howell het hierop gereageer deur te meld dat Zimbabwe nie deel is van die Statuut van Rome nie en derhalwe sal dit nodig wees om ’n VN aksie te loots, maar dat Rusland en China enige voorstelle sal veto.

Intussen het aktiviste in Zimbabwe die VN versoek om ’n kantoor in Zimbabwe te open met die doel om die verkragting van menseregte in dié land te monitor.

Intussen is die vrese uitgespreek dat die optrede van Mugabe kan oor spoel na Suid-Afrika as in ag geneem word dat daar sterk sprake is dat Zuma die stryd kan verloor en dat die Jeugliga se grondgryp eise daarna bewaarheid kan word.