William erf baie

Prins William het verlede Donderdag sy 30ste verjaardag gevier. Volgens bepalings in sy ontslape ma se testament erf hy £10 miljoen (sowat R130 miljoen).

Diana, het die grootste deel van haar boedel aan haar twee seuns William en Harry bemaak.

Die eksekuteurs het egter bepaal dat die twee seuns die erfporsies kan ontvang op ouderdom 30 jaar.