Vrou geskiet – nou parapleeg

Die boervrou wat verlede Woensdag langs haar man in die bed geskiet is, is weens die skietwonde nou ’n parapleeg.

Mev. Gloudien van Rensburg (65) het geen gevoel van haar bors af tot in haar bene nie.

Francois Drotskie, haar skoonseun, het gesê dat die dokters bevestig het dat sy ’n parapleeg is en dat sy in ’n bedenklike toestand verkeer in die Medi-clinic van Pietersburg.

Dit gaan beter as Woensdag. Sy is rustiger en baklei hard het Drotskie gesê.

Die voorval het die wêreld se aandag op die geval gevestig nadat oorsese jagters skote gehoor het in die vroeë oggendure waarin mnr. Johan van Rensburg dood geskiet is en mevrou Van Rensburg drie skietwonde opgedoen het.

Hierdie aanval is skerp veroordeel deur tientalle instansies. Slegs die ANC en sy bondgenote het tot hede geen woord gerep nie. Dit laat in sekere landboukringe die gevoel dat die regering nie van plan is om enige spesiale maatreëls sal tref om die volksmoord te stuit nie.

Landbou woordvoerders het aan “Die Vryburger” gesê dat daar toenemend die gevoel ontstaan dat die aanvalle op georganiseerde wyse deur goed opgeleide terroriste plaasvind.