Voortrekkermuseum heet nou Umsindusi

Die Voortrekkermuseum te Pietermaritzburg is deur die ANC regime verander na ’n Nuwe Suid-Afrika naam. Hierdie museum wat as Geloftekerk opgerig is na die oorwinning by Bloedrivier is en was nog altyd ’n bron van inspirasie en ’n museum wat die Boere-Afrikaner se stryd tot selfbeskikking gesimboliseer het.

Die kabinet het die naamsverandering goedgekeur, en die adjunk Minister van Landbou, dr. Pieter Mulder is deel van daardie kabinet. Die Vryburger kon nêrens in die media iets vind wat daarop dui dat Mulder sy teenkanting uitgespreek het oor die aangeleentheid nie.

In die toekoms sal die fokus nie meer op die Voortrekkers wees nie, maar eerder oor die verskillende kulture van die land.

Hierdie kerkie is in 1839 opgerig as ’n eerste stap ter nakoming van die Gelofte van 1838 en word nou vertrap deur die kommunisties gesinde ANC regering.