Voorbereiding nou ‘n kwessie van lewe of dood

Die Verkennersbeweging van SA ondersteun TLU SA in die standpunt dat volksgenote hulle moet voorberei vir oorlog.

Die uitsprake van ANC Jeugleiers dui daarop dat hulle nou gereed is om oorlog te maak teen die blanke minderheid. In ’n skerp bewoorde verklaring wys die president van die Verkenners, mnr. Ben Geldenhuys daarop dat die uitsprake rassisties en aanhitsing is.

In ’n onderhoud met mnr. Geldenhuys het hy ondermeer gesê dat dit noodsaaklik geword het vir volksgenote om hul weerbaarheid en paraatheid op te skerp want dit is duidelik dat die Jeugliga nou met moorddadigheid die blankes uit die land te kry. Voordat dit gedoen moet word wil hulle klaarblyklik eers ontslae raak van mnr. Zuma as president van die land.

Die volledige verklaring word hier beskikbaar gestel.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika ondersteun TLU-SA daarin dat dit lyk asof dit tyd geword het vir boere om hulself voor te berei op oorlog. Etlike dae het nou al verloop sedert die ANC Jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola in Durban gesê het; “Ons het ’n gebeure so kragdadig as ’n oorlog nodig om die land weer in besit van Afrikane te kry”. Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika sien dit as rassisties en aanhitsing tot moord en aanvalle op blankes. Tot op hede het die ANC en die regering geen woord gerep oor hierdie uitspraak nie, wat geneem word om te beteken dat die ANC en die regering dit aanvaar en ondersteun.

“Geen verantwoordelike persoon kan meer stil bly terwille daarvan om polities korrek te wees wanneer mense soos Lamola of Malema hulle ondersteuners aanhits tot geweld of selfs ‘n lae vlak van oorlog nie. Mense betaal met hulle lewens, nie net omdat die ANC hierdie soort van uitsprake maak nie, maar ook omdat meeste Suid-Afrikaners maak asof dit nie gebeur nie of dat dit geen gevolge het nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid om ons kinders en bejaardes te beskerm, selfs vir iets so kragdadig soos oorlog waarna Lamola verwys.

Die Verkennersbeweging sal TLU-SA volg en ondersteun in voorbereiding en aksies in die verband. Selfs as dit beteken dat boere se lewens en besittings met mag verdedig moet word. Daar word ook ’n beroep op elke weerbare Boere-Afrikaner gedoen om weerbaarheidsopleiding te ondergaan, sodat ons volk nie meer sagte teikens vir hierdie lafhartige terroriste bied nie. Die tyd het aangebreek om terug te veg.

Ben Geldenhuys.
President, Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika