Volkseie arbeid in ‘n volkseie ekonomie (2)

Om voort te gaan op wat verlede week gesê is, bly een ding seker – ʼn volkseie werker sal jou nie vir ure aaneen martel en daarna met ʼn glimlag op sy gesig die doodsteek toedien nie.

Het die tyd nie aangebreek om kanse wat aan volksvreemdes gegee word, te kanaliseer na ons eie arbeidsmag nie? As ons nou prakties aan hierdie beginsel dink, sal dit dalk eerder sin maak om volksarbeid te begin toepas in die stedelike gebiede, want binne sulke gebiede is daar immers een of twee vreemde arbeiders werksaam in iemand se tuin of huis wat vervang hoef te word.

Baie van hierdie huise beskik oor ʼn buitekamer of iets soortgelyks waarin daar tans in elkgeval ʼn werker woon wat met die kleinste konfrontasie al jou doen en late sal uitblaker. En wie weet? Môre is jy en jou gesin ook deel van die Nuwe SA se statistieke. Maar dan sal die ou argument ook weer gelig word: “Nelson werk reeds 25 jaar vir ons, hy sal NOOIT iets doen wat ons skade kan berokken nie”. PASOP! Nelson raak dalk net bietjie dronk en praat sy mond verby, so tussen die gekla oor min geld en slegte werksomstandighede, hulle almal doen dit maar. Sal dit nie dan beter wees om tenminste vir sekerheidsredes een van jou eie mense in daardie buitekamer te laat bly nie? Of slaap jy rustig met die wete dat een van jou eie mense vanaand êrens in die veld moet slaap terwyl jy ʼn “oulike” Nelson in ʼn goed toegeruste buitekamer huisves? Is ons so gewetenloos?

Dit is so dat hierdie ideaal van volkseie arbeid nie so maklik uitvoerbaar is in die landbou sektor nie. Ons sal iewers móét begin. Laat ons nou die regte besluite neem, kom ons ondersteun volkseie instansies en help om ons volksekonomie uit te bou na iets waarop ons nageslag trots sal wees. Binne hierdie raamwerk van volkseie instansies sal ons ook versigtig moet wees vir mense wat ingegrawe is, maar nie ons ideale deel nie.

Volgende week loer ons na die geskiedenis van ons volk, en sien dat selfwerksaamheid nog altyd ‘n rol gespeel het.