VF Plus veroordeel moorde

In ’n verklaring veroordeel die VF Plus se ondervoorsitter van Noord-Transvaal (Limpopo) , mnr. Johan Willemse die moord op mnr. J van Rensburg (77) en wys daarop dat dit nou tyd geword het dat plaasmoorde as prioriteitsmisdaad verklaar word en sodanig deur die owerhede hanteer moet word.

Mnr. Willemse wys vêrder daarop dat die aanval op mnr. Badenhorst ’n voorloop was tot die moord in Baltimore omgewing. Hy wys daarop dat dit tyd geword het dat die herinstelling van die doodstraf ook dringende aandag verdien.

Daar bestaan ’n redelike eenstemmigheid onder die landbouers dat die onlangse uitsprake deur die adjunk van die ANC Jeugliga oor grondbesit die sneller is wat plaasaanvalle laat toeneem.

Intussen swyg die Zuma-regime soos die graf oor die moorde wat reeds wêreldwyd deur sekere meningsvormers as volksmoord bestempel word.

Hierteenoor kan die geraas en lawaai nie ophou wanneer ’n swarte iets oorgekom het waarby ’n blanke betrokke mag wees nie.

Is dit nou hoe die demokrasie in Afrika werk?