Vervalste banknote

Drie mans is gearresteer by ’n huis in Rulinstraat in die Johannesburg omgewing waar R177 miljoen se vervalste VSA doller note gevind is. Die vermoede bestaan dat ’n sindikaat agter die bedrog skuil. Speurders van Sandton het ’n wenk ontvang van die publiek.

Kenners is van mening dat daar ook miljoene vervalste R100-00 RSA note in sirkulasie is. Die vervalsing van geld word al makliker vanweë die tegnologie wat aan jan-publiek beskikbaar is.

Twee van die gearresteerdes is broers en RSA burgers en die derde ’n ouerige persoon uit Nigerie.
Die vermoede bestaan dat die vervalste note bedoel is vir die “uitvoer mark” na Brittanje en Spanje.