Verdere regulering vir korttermyn versekeringsbedryf?

Die ANC regime se Tesourie departement het bekend gemaak dat korttermynmaatskappye vasgevat gaan word oor hulle optrede in die mark met afkeuring van eise wat grens aan swak diens. Daar is gevra vir sterker optrede van die reguleerders en dat die ombudsman, wat klagtes moet aanhoor se arm gesterk moet word.

Daar word in vooruitsig gestel dat een van die bedrywe wat reeds gebuk gaan aan oorregulering verder gereguleer moet word.