Tornado in die Vrystaat

Twee persone is verlede Saterdag dood nadat ‘n tornado chaos gesaai het in dele van die Vrystaat.

‘n Vrou is dood toe sterk winde vier sinkhuise uit die grond geruk het buite Bethlehem.

“Sy is erg besering toe sy deur ‘n sinkplaat getref is. Niemand anders is in die besondere voorval beseer nie,” het ’n Netcare911-woordvoerder gesê.

By Deneysville naby die Vaaldam is ‘n 19-jarige man dood en veertien mense ernstig beseer toe ‘n tornado ‘n huis aldaar omgewaai het.