Teerpaaie al gevaarliker

‘n Paartjie is ernstig beseer nadat hul bakkie ‘n groot klip op die R70 pad getref het

Die bakkie het omgeslaan en gerol nadat dit ‘n groot klip, wat op die hoofweg geplaas was, getref het. Dit wil voorkom asof die klip doelbewus op die pad gesit is om voertuie te beskadig en selfs mense se lewens in ernstige gevaar te plaas.

Beide het ernstige beserings opgedoen en moes inderhaas per ambulans na die Senekal Provinsiale-hospitaal geneem word.

Die feit dat teerpaaie daagliks agteruit gaan is ’n ernstige bron van kommer omdat slaggate die oorsaak is dat talle mense die lewe gelaat het. Die vermoede bestaan ook dat die plasing van groot klippe op paaie gedoen word om deel uit te maak van die volksmoord op blankes.