Sweepslag

Interessant hoe vinnig mense kan kwaad word as hulle iets sien wat nie saam met die N(asionale) S(taat) van A(zanië) propagandastroom loop nie.

Mense raak so bang as die Boere Delmas binnekom dat selfs die ds. so vinnig op sy bank spring dat sy handves van menseregte skoon uit sy hand uit en njamploenks in sy Magaeu inval terwyl sy beste kerkdenim al hoe voller word. Op die bank staan en skreeu dié “gemeenskapsleier” met ‘n uitgestrekte krappertjie dan “Rassisme, rassisme” in plaas van om anderkant toe te wys en te skreeu “Moord, moord”. Wonder hoeveel moordenaars het die doompie al mee versoen en as hulle in sy gemeente is, word gemeentelede dan vrygestel van sy handewerk of is jagseisoen op hulle ook oop? Die DA spring toe sommer saam op en skreeu “Sa,sa!” vir die MRK keffertjie aan die leiband.

Die getalle mense by die optog laat my aan ‘n ander ding dink. Zuma. Die Boere se optog sal nooit getallegewys kan kompeteer met Cosatu en kie se optogte nie. Die rede is wat Zuma se prentjie eintlik meer gepas maak as wat meeste dink. Die ding is dat die prentjie van Zuma met sy Spies die ANC se beleid mooi uitbeeld waarmee hulle in die multi-etniese demonekrasie die botoon gekry en behou het. In Afrika is dit gewoonlik die septiese septer waarmee regeer word.

So jaag ‘n ampsmotor skoon ministerloos met sy blou ligte in ‘n ander motor vas, maar die ongeluksverslag “raak toe weg”. Dit laat my dink aan ‘n paar ander goed wat al in die NSA weggeraak het soos die DA se blanke stemmers, die polisie se wapens en nog ’n klompie ander dinge….

Korporaal Gert staan toe mos hand om die nek met me Sisulu en sê dat verby die verskille van die verlede gekyk moet word en hande gevat moet word vir die toekoms. Snaakse optrede die van die korporaal….

Tot volgende keer
Sweep

Die Sweep