Sweepslag 3

Die eerste keer in sewe jaar wat ‘n Suid Afrikaner die Comrades wen, wil dit lyk dat hy so hoog was op een of ander self gestookte tipe mampoer dat die man nie die pyn kon voel of besef het dat syregter kuitspier al 10km voor die eindstreep afgeval en deur ‘n hond weggedra is vir ‘n kouspeelding nie. Kan Mamabolo nou kwalik geneem word dat hy voor die tyd al gehoor het hoe moordend die wedloop is en voorsorg getref het met ‘n ou klein bietjie metielheksaneamien? Kom nou! Wie van ons het nie al bietjie metielheksaneamien voor ‘n lang werksdag gebruik nie…

Hoe vra Karlien dan waar die swartmense is terwyl sy langs Emo op die verhoog staan by die teen-misdaad optog? Is hy dan nie donker genoeg vir haar nie? Blykbaar raak misdaad almal. Dit raak die slagoffers, maar onthou, dit raak ook die beoefenaars wanneer die polisie per abuis iemand vang, darem baie ongerieflik. In elk geval, as alle Azaniërs saam met Karlien die optog gedoen het, wie sou dan oorbly om die misdaad te pleeg?

Die uitsaai klagte kommissie moet sommer ook aangespreek word. Hoe durf hulle 7de Laan oor die vingers tik oor ‘n selfmoord poging. Na alles wat hulle bygedra het om van Azanië ‘n multi-etniese-multi-kulturele-tussen-rassig-wellustige-taalvermengde- kultuurvervlakte-en-godsdiens-spottende reënboognasie te help maak! Ga-poe!
Nou is daar al ‘n eie verjaarsdagliedjie geskryf vir ‘n ongenoemde aartappel wat meer klink soos iets wat in die advertensieveldtog vir ‘n ongenoemde motorvervaardiger tuishoort. Dit gaan nou blykbaar tydens die derde springboktoets teen die bleekbene gesing word deur al wat ‘n springbok is. Is dit dalk ‘n Indica-sie van ‘n nuwe borg?

Prins William sê toe vir die BBC dat renosterstropers onkundig is, selfsugtig en verkeerd, heeltemal verkeerd! Nou gaan al hierdie stropery gelukkig stop, want die prins het gesê hulle is dom! Hulle sal ook seergemaak voel oor die selfsug-gedagte want hulle is mos nie selfsugtig nie, hulle doen dit vir miljoene Sjinese! Noudat hulle weet dat hulle verkeerd doen, sal hulle egter staak en kan ons nou al ons aandag vestig op die volksmoord teen die Boere-Afrikaner!

Tot volgende slag…

Die sweep