Stadig met bestuursbonusse!

Dít was Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, se boodskap aan Eskom.

Die totale vergoeding van sy direksie en bestuurspan het verlede jaar ’n volle R54 miljoen beloop.

Zola Tsotsi, voorsitter van Eskom se direksie, het in antwoord op ’n vraag by die bekendmaking van die kragreus se finansiële en bedryfs¬resultate Donderdag bevestig dat daar weer voorsiening gemaak is vir bestuursbonusse “op grond van Eskom se prestasie”. Hy het geen besonderhede hiervan verskaf nie.

Tsotsi se bekendmaking kom te midde van die feit dat die krag voorsiener uiters omstrede geraak het by verbruikers weens die geweldige tarief verhogings, swak beplanning vir kragvoorsiening en die kwistigheid waarmee daar met uitdeel van bestuursbonusse omgegaan word.