Sonkrag vliegtuig vorder

Die sonlig-aangedrewe vliegtuig, het Vrydag in Ouarzazate, Marokko aangekom. Dit is die eindbestemming van ’n eerste interkontinentale vlug wat vanaf Europa na Afrika geneem is, het die woordvoerder van die organiseerders gesê.

Die vlug vanaf Switserland na Marokko dien as ‘n toets vlug wat later opgevolg gaan word vir diebeplande reis om die wêreld.

Die vliegtuig het op 24 Mei vanuit Payerne in Switserland vertrek. Dit het in Madrid en in die Marrokaanse hoofstad Rabat gestop voordat dit na Ouarzazate vertrek het.

‘n Eerste poging om Ouarzazate te bereik was nie suksesvol nie weens sterk kop-winde.

In ’n tweede probeerslag het die Solar Impulse verlede Donderdag oor Marokko se hoë Atlas gebergtes gevlieg en die afstand van 680 km tussen Rabat en Ouarzazate in minder as 18 uur voltooi.