Sonkrag-aangedrewe vliegtuig haal rekordboeke

Bertrand Piccard van Switserland het die rekordboeke herskryf nadat hy die wêreld se eerste
interkontinentale vlug in ‘n sonkrag-aangedrewe vliegtuig voltooi het.

Piccard, ‘n 54-jarige, het Dinsdag in die Marokkaanse hoofstad Rabat geland nadat hy ‘n 19 uur vlug vanaf Madrid voltooi het. Talle mense, insluitend sy vrou, Michele, het by die aanloopbaan in Rabat bymekaargekom om die Solar Impulse te sien land.

Dié vliegtuig is so groot soos ‘n Airbus A340, maar so lig soos ‘n gemiddelde gesinsmotor.
Om te kwalifiseer as ‘n interkontinentale vlug moes Piccard slegs die Straat van Gibraltar oorsteek.

Wat die gebeurtenis nog meer merkwaardig maak, is die feit dat die vlug van 19 uur ook ’n nagvlug van sowat agt uur ingesluit het waar geen sonlig beskikbaar was nie.

Die prestasie vind plaas, meer as ’n eeu gelede dat die Wright-broers se eerste vlug plaasgevind het – dit was in 1903..