Soliforum en Spies

Ek het onlangs die onderstaande uittreksel ontvang vanaf ’n vriend. Die verstommende is dat dit hieruit duidelik word dat Afriforum, Solidariteit en die nuut gekaapte Radiostasie blykbaar beheer wil neem van die Boere-Afrikaner se eiendom. Spies is duidelik onder die Broederbond se invloed want sy toekoms visie stem ooreen met dié van die Afrikanerbond oor Kleurlinge.

Die Solidariteit-groepe is tog almal rasgemengde strukture wat nie die Boere-Afrikaner se belange voorop stel nie – om van ons volk se ideaal rondom volkome vryheid nie eers te praat nie.

Soos wat die gemengde klomp die radiostasie gekaap het, poog hulle blykbaar om dieselfde proses te volg deur vir die BCVO geld voor te skiet met die doel om die struktuur te kaap!

Waar gaan hulle nog kapings uitvoer?

Johan van Rensburg

‘n Paar noodsaaklike bestanddele (myns insiens) wat ek as stuiwers in die beurs gooi is:
1. Ons moet organiseer en burgerlike instellings oprig teen ‘n geweldige spoed, dit help nie dat mense net ‘n klomp vryswewende enkelinge bly (ongeag waar) nie. Ons moet laer trek in instellings soos AfriForum, Solidariteit, belastingbetalersverenigings en kultuuraksies;
2. Ons moet in vennootskap met ander werk – veral in die Noord- en Weskaap waar Bruin Afrikaansprekendes logiese vennote is;
3. Vir rasse-eksklusiwiteit is daar nie plek in enige toekomsplan wat ‘n kans op sukses wil hê nie;
4. Ons moet rondom Afrikaanse kultuur, ‘n Christelike waardestelsel en republikeinse idealisme weer ‘n politieke rolspeler word;
5. Totale onafhanklikheid of isolasie van ‘n aard is nie ‘n realistiese doelwit nie maar wel om ‘n sterk en selfstandige Afrikanergemeenskap in federale of konfederale verband met die res van Suid-Afrika te laat ontwikkel;
6. Soos wat Afrikaners vandag anders lyk en optree as 100 jaar gelede, in 1910, kan ons aanvaar dat die Afrikaner van 2110 anders gaan lyk en optree as Afrikaners vandag.

Tot sovêr my toekomsdrome, dankie vir die interessante gesprek.

Willie Spies
Hurter Spies Ingelyf