Slag van Donkerhoekfees

Eerskomende Saterdag (9 Junie 2012) bied die Donkerhoek Verkenners weer die slag van Donkerhoekfees aan op Kleinfontein. Die fees beloof een van die grootste volksfeeste te wees hierdie jaar. Die hoogtepunt van die dag is die geskiedkundige eerste rugbywedstryd tussen die spanne van Kleinfontein en Orania vir die Volkstaatbeker.

Program :
10h00 Vlag hysing en Perde optrede
10h40 Oom Paul Kruger arriveer
10h45 Opening – Oom Paul Kruger
11h00 Feesrede – Henk van de Graaf
11h15 Afrikana Veiling
11h45 Gaskunstenaar – Louisa Beyers
12h00 Boeresport
12h45 Bedankings
13h00 Vlag stryking
13h30 Rugby Wedstryd – Kleinfontein teen Orania

Vir meer inligting, besoek www.donkerhoekfees.co.za